Jatro Vleismerinos Lindley | Merino Stoet

Jatro Vleismerinos


Die Jatro Vleismerino-stoetkudde se genepoel en unieke ras-egte eienskappe is ‘n aanwins vir enige stoet-of kommersiële kleinveeboer in Suid Afrika.  Vleismerino’s uit die Jatro Vleismerino-stoet sal verseker ‘n positiewe invloed op enige kudde hê.

  • Hulle spesialiseer in die teel van meerlinge om winsmarges binne die boerdery so gou as moontlik te verhoog.  In 2015 het 59% en in 2016 het 68% van Jatro Vleismerino’s se ooie binne die kudde gespog met meerlinge.
  • Die genetika van meerlinge en besondere vrugbaarheid binne die Jatro Vleismerino-stoet bied aan elke koper die geleentheid om sy lammergetalle drasties te verbeter en te verhoog sonder om noodwendig meer ooie aan te hou.
  • Die Jatro Vleismerino-stoet het oor die afgelope 7 jaar verskeie Vrystaat Kampioene opgelewer.
  • Jatro Vleismerino’s bied ‘n uitstekende medium-raam skaap met baie goeie bene en uitstekende groeivermoë.

Met ‘n groot voorliefde vir die Vleismerino-ras,  toegewyde teling  en betroubare rekordhouding, verseker Jatro Vleismerino’s elke koper van ‘n uitstaande produk met ‘n bewese rekord van prestasie.

Met Jatro Vleismerino’s is jy verseker van meer lammers en meer wins.

 

 


 

2019 Produksieveiling

Jatro Vleismerinos 2018 Produksieveiling

 

© Copyright Jatro Vleismerinos 2018. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Jatro Vleismerinos.